My genre sluit onder meer pop en dans musiek in en ek doen ook graag so nou en dan 'n lekker ernstige balade.
Ek tree gereeld op by skoue, feeste, restaurante, privaatfunksies  en fondsinsamelings.  Kyk so bietjie op my foto bladsy om te sien saam met wie ek al op die verhoog was. 

Van my hoogtepunte in my lewe was elke jaar se KKNK vanaf  2004 - 2010, die "Maak 'n Las" roadshow waar ek kon werk saam met oom Ollie en sy span, Rittelfees, Aardklop en voorshows vir mense soos Kurt Darren, Arno Jordaan, Nadine, Eden, Juanita, DJ Ossewa ens... Natuurlik was die heel hoogstepunt in my lewe tot dusver die " Dis hoe dit is met Steve" opnames en uitsending dit was 'n baie groot droom van my wat waar geword het.

Miks shoot grys agtergrond.jpg (114223 bytes)

Kompelasie cd's- my heel eerste kompelasie cd waarop ek gesing het was genaamd "gossip" dan was daar ook die kookwater treffers waarop ek "Sewe sakke sout, Outjie, Hey en Warrel winde" gesing het en daarna het ek "Dis 'n land" op die "Afrikaanse kookwater treffers" gesing.

Kookwater 3

"Liefde - Bietjie meer as soen" is 'n nuwe kompelasie cd waarop ek "'n dRukkie" sing en dan is die duet "Total eclipse of the heart" wat ek en Carlo doen ook op die cd.

"HEY TOKTOKKIE"

Wel wat kan ek sÍ, die cd het baie goed gedoen en vir my ontsettend baie deure oopgemaak! Ek is baie trots op die "toktokkie" cd en ek weet dat my nuwe cd "'n dRukkie" sommer nog beter sal doen!

"'n dRukkie"

Hierdie cd bevat 7 liedjies wat ek self geskryf het, liedjies wat vir my geskryf is en ou bekende liedjies wat ek opgeneem het! Ek is seker dat julle die cd sal geniet! Hierdie cd is by jou naaste musiek handelaar beskikbaar. Kliek op die mp3 blad en luister na kort uittreksels van die nuwe cd

mika shoot kruis arm.JPG (125837 bytes)